Koos, Mike en Kallie word deur spietkops by 'n groot  winkelsentrum in Benoni
afgetrek. 
Spietkop: OK, guys, het julle 'n idéé  hoe vinnig julle gery het? 
Hulle: G'n idee nie - maar jy gaan ons sê!  
Spietkop: So vinnig dat julle elkeen 'n spoedkaartjie gaan kry! (Hy haal sy  
boekie uit.) Wat is jou naam? 
...Koos kyk rond en  sien 'n Woolworths-reklamebord daar naby: "My naam is 
William Woolworth," sê  Koos. 
Kallie snap dit dadelik, kyk rond en sien Edgars. "My naam is Eddie  Edgars!" 
Kallie en Koos kyk benoud na Mike en hoop dat hy verstaan wat hulle  gedoen 
het. 
"En jy?" vra die spietkop kwaai. 
"My naam is Ken!"  
"Ja, maar wat is jou volle name?" 
Mike sê selfversekerd: "My naam is  Ken, en my van is Takkie Fraaid Tjieken!"
 

No comments:
Post a Comment